|
Aansoek om toelating tot koshuise
Laai asseblief hierdie dokument af, voltooi en stuur dit so spoedig moontlik na:
per epos -
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of faks na 013 243 5427
Die koshuiskompleks bestaan uit vier eenhede naamlik:
| Seuns: |
Huis Douw Smit |
|
Huis Hendrik Steyn (Gr.8-seuns) |
|
Huis Buks Pretorius |
| Meisies: |
Huis Laurie Smith |
Koshuisreëls beoog nie die inhokking van die leerders of die verbreking van huislike bande nie. Die behou van gesonde gesinsbande, en daarby ‘n vertrouensverhouding met die huisvader- en huismoederpersoneel, is vir ons van groot belang, daarom laat ons reëls ruimte vir die maksimum kontak tussen ouer en kind. Enige ware ouerhuis het egter sy reëls vir eet en slaap en kom en gaan, ens. Met ‘n huishouding van ±500 kosgangers vir wie se liggaamlike en geestelike welsyn ons verantwoordelikheid neem, is vaste reëls onontbeerlik; daarom verwag ons dat reëls, wat die vrug is van vele jare se ervaring, nougeset deur ouers/voogde en kosgangers eerbiedig sal word. Leerlinge wat aansoek doen om koshuisverblyf moet aan minstens een vorm van somersport en een vorm van wintersport deelneem. Vrystelling hiervan geskied slegs by die voorlegging van ‘n mediese verslag. Al die kosgangers sal hulle onderwerp aan die reëls en tug van die koshuis en gehoorsaam wees aan die koshuisvaders, personeel en die leiers. Volledige koshuisreëls word aan elkeen voorsien wat aansoek doen by die onderskeie koshuise. Alle vorms om hertoelating word by die skoolkantoor op navraag verskaf. Losiesgelde word kwartaalliks of jaarliks vooruitbetaal by die skoolkantoor. U ontvang by betaling ‘n bewysstrokie wat u dan aan die koshuisvader gee. Die koshuise open ‘n dag voordat die skool begin. Geen leerling kan toegelaat word in die koshuis sonder bewys van betaling nie. Alle vorms vir hertoelating moet voor 30 September ingestuur of ingehandig word.
| Douw Smit |
Buks Pretorius |
Laurie Smith |
Hendrik Steyn |
Huisvader: Mnr. P.H.C. van Rooyen Kontaknommer: (013)243 1741 Huisves: 111 (seuns) |
Huisvader: Mnr. H. Swanepoel Kontaknommer: (013)282 5654 Huisves: 108 (seuns) |
Huisvader: Mnr. I. Meyer Kontaknommer: (013)282 8507 Huisves: 95 (dogters) |
Huisvader: Mnr. D. Dickason Kontaknommer: 0823517368 Huisves: 95 (seuns) |
|