logo

Atletiek PDF Print E-mail


ATLETIEK
voorblad_650
agterblad_650

2011 – Rooies beleef die beste atletiekseisoen ooit!  HTS Middelburg word aangewys as

die beste atletiekskool in Mpumalanga!


WENNERS VAN BYEENKOMSTE

Rooies-atlete verwerf medaljes:

  • Top 10:  Rooies verwerf ‘n tweede plek uit ‘n totaal van 36 skole – beste skool in Mpumalanga!
  • HTS Middelburg was ook die Interhoërwenners vir beide seuns en dogters.
  • Rooies is deel van die uitgesoek-geselskap van die top 8-atletiekskole, wat jaarliks kragte meet op die prag sportveld van die Universiteit van Johannesburg.
  • 28 Atlete verwerf provinsiale kleure en neem deel aan die SA-kampioenskappe!    Ons atlete spog met nie minder as 11 medaljes waarvan 1 goud, 6 silwer en 4 brons is.

Marnus van Zyl is gekies vir die SA-Skolespan wat in Botswana aan die Afrika Jeugspele deelneem en sluit aan by mede-Rooies, Marike Vermaak, Donovan Stebbing en Danelle Willemse wat rééds in 2010 hul SA-kleure verwerf het!

 

Personeel verantwoordelik vir die verskillende atletiekitems is:

  • WORPE:  Mnr George Tossel, voormalige Springbok in skyfwerp, is in beheer van skyfwerp, gewigstoot en spiesgooi.
  • NAELLOPE & HEKKIES:  Mnr André Sinclair, voorsitter van baan- & velditems, Mpumalanga Atletiek
  • MIDDEL- & LANGAFSTANDE & LANDLOOP:  Mnr Petri Coetzee, hanteer die middel- & langafstande
  • SPRONGE:  Mnr Dirkie Srydom, voormalige junior Springbok 5-kampatleet, rig die hoogspringatlete af.

Ons eie afrigtingskorps se entoesiasme en betrokkenheid by afrigtingskursusse en oefenkampe verseker ons Rooies se suksesse.

 

ONS ROOIES ONTWIKKEL GRAAG ATLETIEKPOTENSIAAL !!!!!

Skakel gerus met die skool indien u belangstel dat u seun/dogter in die voorseisoen by  die oefenprogramme moet inskakel!

 

ORGANISEERDER  :  MNR JOHAN KRUGER

Vir enige navrae:

Skakel:

Johan Kruger:             013-2826029

atltiek_hart_650

//