logo

Tuisblad Hokkie Hokkie
Hokkie PDF Print E-mail

ROOI BULLE KRAAI KONING IN NUPOWER/TUKS TOP 16-REEKS!

Die afgelope naweek het twee van HTS Middelburg se spanne geskiedenis gemaak toe hul goud verower het in die TUKS NuPower Finaal! Die Rooibulle het Nelspruit met 19-14 geklop en die 0/14 seuns hokkiespan het Eldoraigne met 3-1 uitgestof! Rooies-rugby spog verder met 1 silwer en twee brons toekennings.

Alhoewel die oorwinning soet smaak, kan daar nie nagelaat word om wél die ROOIES geluk te wens met die maniér waarop hul meegeding het nie! Met die handhaaf van dissipline, te midde van klipharde wedstryde, het hul ware sportmangees aan die dag gelê (waar hulle gewen én verloor het!). Die afrigters kan óók op die skouers geklop word, want dis immers deur húl leiding wat die spelers van HTS Middelburg ‘n gesonde voorbeeld het om te volg!

Die uitslae as volg met HTS Middelburg se tellings eerste:

Seuns Hokkie:

1ste    HTSM vs Eldoraigne  0-5     (HTSM 4de)

O/16   HTSM vs Nelspruit   1-5     (HTSM 4de)

O/14   HTSM vs Eldoraigne  3-1     (HTSM Goud)

Meisies Hokkie:

O/14   HTSM vs Garsfontein         0-2     (HTSM 4de)

O/15   HTSM vs Eldoraigne           0-1     (HTSM 8ste)

0/16   HTSM vs Garsfontein         1-3     (HTSM 10de)

1ste    HTSM vs Transvalia           1-2     (HTSM 4de)

NuPower/Tuks-finaal Hokkie-seuns O/14's

Foto: Die TUKS NuPower 0/14 hokkiesuens wenners!

Voor van links na regs: Zander Janse van Rensburg, Tiaan Swarts en Armand Scorgie.

Middel van links na regs: Reynard de Jager, PV du Preez, Me Kraai Cilliers (afrigter), Harold Roux en Jaco du Preez.

Agter van links na regs: Andries Koen, JP Cilliers (kaptein), Duart Willemse, Henco van Heerden, HJ du Plessis, Angus van Tonder en Jan-Hendrik Bronkhorst.

Hoërskool Nelspruit - 18 Mei

Dogtershokkie:

1stes     0-0

2des      1-1

0/16A    0-3

0/16B    0-4

0/15A    0-1

0/15B    0-3

0/14A    1-2

0/14B    2-0

Foto's