Muurbal

HTS MIDDELBURG KRAAI KONING IN DIE SUPER 16 MUURBAL!

HTS Muurbal het Saterdag die Nu Power Tuks reeks in die Super 16 skole-wedstryde gewen wat plaasgevind het by die LC de Villiers Stadion in Pretoria.

Foto van links na regs:

Dries Schoeman, Werner Fick, Marno Pretorius, Leon Roodt, Herkie de Jager, Hannes Wolhuter en die afrigter Mnr. Vermaak.

SKOOLSPANNE

2 Seunspanne (5 spelers elk)

2 Meisiespanne (5 speelsters elk)

 

LIGA - deelname aan:

Skoleliga  (3de kwartaal)

Aandliga  (speel in liga vir volwassenes, seisoen strek vanaf Februarie tot Oktober)

 

FASILITEITE

2 Binnenshuise muurbalbane - geleë op skoolterrein in gimnasiumkompleks

 

AFRIGTINGSKORPS

Mnr Nick Vermaak (ook voorsitter van die hoërskoleliga)

 

PRESTASIES


LEERLINGE WAT PROVINSIALE KLEURE VERWERF HET:

Tien van HTS se spelers het Mpumalanga muurbal-proewe gespeel in Secunda.  Die ROOI-GEVARE het hul harte uit gespeel en hul baie goed van hul taak gekwyt.  Agt van die ROOIES behaal die Mpumalanga-span en verwerf hul Mpumalanga kleure vir muurbal. Dries Schoeman, ‘n GR 10-leerling,  ontvang ‘n silwermedalje vir die tweede beste speler in die 0/16 Mpumalanga-span.

 

Die ROOIES is in die volgende spanne opgeneem:

 

0/19 seuns:

Hannes Wolhuter

Leon Roodt

 

0/19 dogters:

Anneke Ellis

Chamoné Biccard

Emmelie Bester

 

0/16 seuns:

Dries Schoeman

Werner Fick

 

0/16 dogters:

Sonette Nel

 

 

Die MP-span gaan gedurende die langnaweek in April deelneem aan die provinsiale muurbal toernooi in Bloemfontein.

 

Baie geluk aan hierdie Rooi-muurbalspelers en hul afrigter meneer Nick Vermaak. Hul pluk voorwaar die vrugte van harde en getroue oefening en deursettingsvermoëns!


LIGA:

Die skolemuurbal is tans nog aan die gang.

Neem tans deel aan die senioraandliga.

Rooiesmuurbal het jou nodig in ons muurbalspan!!!!  Komaan – word ‘n Rooiesmuurbalspeler!!

 

ORGANISEERDER  :  MNR NICK VERMAAK

Enige navrae  -  skakel:  013-2826029

Muurbal